Waarom moet kinders na stories luister?

Een van die wonderlike voordele van stories is die woorde wat jy daarin opdoen. Goeie taalgebruik is aansteeklik – mens doen díe gelukkige toestand op veral wanneer iemand vir jou voorlees.
Maar waarom bou voorlees beter aan woordeskat as selflees?
Want wanneer iemand ‘n storie voorlees en daar is woorde in wat vir jou minder bekend is, help die voorleser se gebruik van stembuiging en frasering jou om die betekenis van die woord af te lei. Op dieselfde manier kan moeiliker sinstipes makliker verstaanbaar wees wanneer iemand dit voorlees, terwyl jy dit dalk nie begryp wanneer jy dit self stillees nie. Verder is die vermoë om ‘n woord se betekenis af te lei uit die sinskonteks wanneer mens self lees, is ‘n vaardigheid wat net kan ontwikkel as jy woorde in grootmaat deur jou ore ingeneem het. Nie net as jong kind nie, maar ook wanneer jy al self kan lees.

Hoe sluit ek aan by Luistervink Stories?

Gaan na SLUIT AAN op die tuisblad van www.luistervinkstories.co.za

Kies ‘n betaalmetode.  Mense in die buiteland gebruik gewoonlik Paypal, terwyl mense wat in Suid-Afrika woon ‘n EFT betaling doen.

Vul jou naam, epos adres, telefoonnommer en tuisdorp in op die vorm…

En druk op die knppie wat sê: LAAT WAAI
Net onder die vorm, verskyn die bankbesonderhede van Luistervink Stories, maar jy sal dit ook per epos ontvang.

Gaan nou na jou internetbankdiens, doen die oorplasing en epos die betalingsbewys aan luistervinkstories@gmail.com.  Gebruik jou epos adres as verwysing sodat ons jou wagwoord vir jou kan stuur.
Sodra jou betalingsbewys by ons land, stuur ons vir jou die wagwoord waarmee jy vir ‘n maand lank aanlyn toegang het tot al die voorlesings (sowat 115) op die webblad.